Cowboykos
4 porsies
600 g boerewors
bietjie olie
1 ui, in halfmaanskywe gesny
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
10 ml (2 t) kerriepoeier
410 g (1 blik) gekapte tamaties
sout en peper na smaak
400 g (1 blik) gebakte bone of lensies
KOESKOES
250 ml (1 k) kookwater
2 ml borrie
5 ml (1 t) knoffel-en-kruie-speserye (Ina Paarman)
10 ml (2 t) olie
knypie sout en peper
250 ml (1 k) koeskoes
- Braai wors in braaipan met bietjie water tot gaar. Laat afkoel en sny in happiegrootte stukkies.
- Verhit bietjie olie en soteer ui en kruie tot ui sag is. Voeg kerriepoeier by en soteer vir een minuut.
- Voeg tamaties, sout en peper by en kook tot deurwarm.
- Voeg boontjies of lensies en boereworsstukkies by. Kook tot deurwarm.
- Koeskoes Verhit kookwater, borrie, knoffel-en-kruie-speserye, olie, sout en peper saam in kastrol tot kookpunt.
- Verwyder kastrol van stoofplaat en roer koeskoes by. Plaas deksel op en laat staan vir vyf minute tot koeskoes uitgeswel is.
- Roer koeskoes met vurk los van mekaar.
- Skep koeskoes in opdienbakkies met worsstukkies bo-op.
- Sit warm voor.