Friday, 24 March 2017

Piesangbrood



Piesangbrood

1 broodjie
100 g (1/5 blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
560 ml (2¼ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
500 ml (2 k) piesangs, fyngedruk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Stel oond op 180 °C.
  1. Room botter en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel en romerig.
  2. Voeg eiers by en klits goed.
  3. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel.
  4. Druk piesangs fyn en voeg saam met vanieljegeursel by beslag.
  5. Voer broodpan van 9 cm x 24 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
  6. Skep beslag in broodpan. Maak gelyk bo-op en bak vir 60 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  7. Sit voor soos verkies.