Friday 24 March 2017

Malvalekkers Pienk Koekies



Malvalekkers Pienk Koekies - Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:
1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of enige digistiewe koekies
1 kop klapper...
20 malvalekkers in stukkies gesnipper
20 rooi/groen kersies gesnipper (10 van elk)
1 blik kondensmelk

Metode:

Meng alles saam. Rol dit in ‘n worsvorm, Gooi bietjie klapper op werksoppervlak en rol die wors net so bietjie in die klapper. Net genoeg om die wors bietjie te versier. Draai toe met foelie en plaas in yskas vir tenminste 4 ure . Sny ringe soos jy dit benodig. Hou dit egter in die foelie om te keer dat dit uitdroog.
Bewaar in die yskas.