Friday 24 March 2017

Kellogg's se heerlike mini-quiche resep



Kellogg's se heerlike mini-quiche resep
LEWER 12 MINI-QUICHES

Bestanddele
...
BASIESE KRUMMELMENGSEL
100 g elk Special K, Rice Krispies en Corn Flakes
200 g koekmeel
250 g yskoue botter, in blokkies gesny
1 eiergeel
sowat 250 ml (1 k) yskoue water

ROOMMENGSEL
250 ml (1 k) romerige jogurt
2 eiers
1 eiergeel
sout en vars gemaalde peper na smaak
250 ml (1 k) gerasperde mozzarella

VULSEL
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
8 murgpampoentjies, in skyfies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat met olyfolie.

METODE
1.Basiese krummelmengsel: Gooi die ontbytpappe in ’n voedselverwerker. Verwerk tot ’n fyn meel en voeg die koekmeel by. Voeg die botter by en verwerk tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel en die helfte van die water by en meng tot ’n stywe deeg om die lem vorm (voeg nog water by, indien nodig). Skep uit die voedselverwerker, vorm in ’n rol met ’n dikte van sowat 5 cm, bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min. Sny die rol in skywe van 3 mm en druk in middelslag-panne of in die holtes van ’n muffinpan. Verkoel 30 min. en prik die bodems met ’n vurk. Plaas ’n stuk tinfoelie of waspapier in elke pan, vul met droë bone en bak sowat 15 min. tot gaar, maar nie goudkleurig nie. Hou eenkant.
2.Roommengsel: Klop al die bestanddele saam tot goed gemeng. Hou eenkant.
3.Vulsel: Versprei die rooi soetrissieblokkies en murgpampoentjieskyfies op die gesmeerde bakplaat. Bedruip met die olyfolie en geur met die sout en peper na smaak. Rooster 15 min. in die oond.
4.Verdeel die rooi soetrissie en murgpampoentjies tussen die mini-quiche-basisse. Skep die roommengsel bo-oor die vulsel. Bak 15 min. of tot die roommengsel gestol het.