Tuesday 7 March 2017

Kulsum se vrek lekker ingelegde vis



Kulsum se vrek lekker ingelegde vis
Bestanddele
2 kg snoek of geelbek...
1kg uie
1 koppie bruin asyn
5 lourierblare

2 teelepels masala
1 teelepel geroosterde masala
2 teelepels rissiepoeier
2 teelepels borrie
7 naeltjies
7 korrels swartpeper
7 korrels All Spice
3 eetlepels blatjang
2 eetlepels tamatiesous
¼ koppie suiker
Metode
Sny ui in ringe.
Sit asyn en uie in pot en kook totdat uie deurskynend raak.
Voeg die res van die bestandele by, behalwe die vis.
Laat dit prut vir 15 minute.
Haal skubbe, binnegoed en grate uit vis.
Meng sout met 2 eetlepels masala en smeer dit oor vis.
Sit in yskas vir halfuur.
Sny in porsies en bak in warm olie tot gaar.
Haal uit, sit in glasbak en voeg die asynmengsel by.
Dit is die volgende dag baie lekker.