Friday 24 March 2017

Kerrievis



Kerrievis
genoeg vir 8
1,75 kg ferm wit vis
45 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper...
100 g (125 ml) suiker
50 ml kerriepoeier
15 ml borrie
15 ml vinkelsaad
15 ml koljander
3 ml rooipeper
750 ml witasyn
125 ml water
4 uie, in ringe gesny
6 lourierblare

Verhit oond tot 200 °C. Plaas vis op bakplaat met velkant na onder. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Bak vir 8 – 10 minute of tot vis goudbruin en gaar is. Plaas
intussen res van bestanddele in groot pot en bring tot kookpunt. Laat kook vir 5 minute. Plaas vis in plat glasbak en gooi warm sous oor. Laat koel af tot kamertemperatuur. Maak toe en laat piekel in yskas vir minstens 24 uur.