Friday 24 March 2017

ROOIBOS-SJOKOLADE SPONSKOEK



ROOIBOS-SJOKOLADE SPONSKOEK

Karamelkondensmelk kan ook as bolaag gebruik word. Strooi gerasperde pepermentsjokolade bo-oor.

Bestanddele:...

KOEK

50 g (125 ml) kakao
50 ml olie
300 g (375 ml) suiker
375 ml sterk warm rooibostee
3 ekstragroot eiers
5 ml vanieljegeursel
280 g (500 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
3 ml sout

BOLAAG

260 g (500 ml) versiersuiker, gesif
125 g (125 ml) sagte margarien of botter
50 g (125 ml) kakao
bietjie warm rooibostee om dit mee te meng
Metode vir die koek:

Voorverhit oond tot 180 °
Voer 2 ronde koekpanne (22 x 7 cm) met gesmeerde waspapier uit. Moenie die kante smeer of spuit nie.
Meng die kakao, olie, 100 g (125 ml) van die suiker en 125 ml van die rooibostee saam in ’n aparte bakkie.
Klits die res van die suiker, die eiers en die geursel saam tot baie lig en romerig.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die kakaomengsel by die eiermengsel en klits weer baie goed.
Vou die koekmeel en die oorblywende rooibostee beurtelings by die mengsel tot goed gemeng. Moet dit nie klits nie.
Skep die beslag in die panne en bak ongeveer 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat dit effens afkoel wanneer gaar, sny die kante liggies los en keer dit op ’n afkoelrak uit.
Verwyder die bakpapier.

METODE VIR DIE BOLAAG::

Klits die bolaagbestanddele saam tot baie lig en romerig en smeer dit tussen die lae en bo-op die koek.