Friday 24 March 2017

Braaivleismielietert



Braaivleismielietert
6 tot 8 porsies

840 g (2 x 420 g-blikke) geroomde mielies
4 ekstragroot eiers...
60 ml (4 e) botter, gesmelt
60 ml (4 e) suiker
60 ml (4 e) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier

Stel oond op 180 °C.
1.Meng al die bestanddele saam.
2.Giet mengsel in ronde tertbord of blikbord van 24 cm, wat met kossproei gespuit is.
3.Bak vir 1 uur of tot ligbruin.
4.Sit warm of koud voor.