Friday 24 March 2017

Dadelbolletjies



Dadelbolletjies
Jy benodig

• 400 g dadels, fyngekap
• 180 g amandels, fyngekap...
• 6 eetlepels kakaopoeier
• ½ lemoen se sap
• 4 eetlepels fyn klapper
• 4 eetlepels pistasieneute, fyngekap

Só maak jy

1. Meng die dadels, amandels, 2 eetlepels van die kakaopoeier en die lemoensap baie goed saam. Pols dit in ’n voedselverwerker tot goed gemeng. Knyp stukkies van die mengsel af en rol dit in klein bolletjies.

2. Rol ’n derde van die bolletjies in die klapper, nog ’n derde in die pistasieneute en die res in die orige kakaopoeier.

3. Bêre die bolletjies in ’n plastieksakkie wat dig sluit, of in ’n Tupperware-bakkie.