Friday 24 March 2017

Bets se snap-snap pizza



Bets se snap-snap pizza - RSG

Bestanddele

500 ml bruismeel...
150 ml warm water
125 ml olie
knippie sout
4 tamaties, gekap
2 eetlepels tamatiesous
1 ui, gekap
1 teelepel oreganum
spek, opgekap
sampioene, opgekap
2 koppies mozzarellakaas, gerasper

Metode

Meng die meel, water, olie en sout.
Druk die deeg plat in 'n oondpan.
Braai die ui en tamaties saam.
Voeg die speserye by.
Smeer die deeg met die tamatiesous.
Bedek dit met die tamatiemengsel.
Pak die res van die bestanddele bo-op, en strooi die kaas oor.
Bak vir 30 minute teen 180 grade.