Tuesday 21 February 2017

MOSTERD HOENDER



MOSTERD HOENDER
½ Koppie koekmeelblom
2 Mediumgrootte uie, fyn gekap
2 Teelepels Aromat
1 Blokkie hoenderekstrak, fyngekrummel...
1 Teelepel sout
400 ml Kookwater
5 ml Swartpeper
50 ml Matige soet mosterdsous (soos Cerebos)
8 na 10 Hoenderborsies of dye of boudjies
50 ml blatjang of heuning
3 Eetlepels sagte bruin suiker
3 t Maizena

Metode:

Sif meel, Aromat, sout en peper saam. Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek. Braai porsies aan weerskante tot goed bruin in warm kookolie. Skep hoender in enkele laag in oondvaste skottel met deksel. Braai uie tot goudbruin in pan waarin hoender gebraai is. Los hoenderekstrak in kookwater op. Meng die mosterdsous, blatjang, suiker en maizena goed saam en meng dit met die hoenderaftreksel (hoenderblokkie en kookwater). Voeg dit by die gebraaide uie en laat die sous opkook. Skep die sous oor die hoenderporsies. Sit die deksel op en bak 90 tot 120 minute by 160ºC.
Bedien met rys, gebakte aartappel ‘n slaai of kapokaartappels en lekker soetpampoen