Tuesday 21 February 2017

AARTAPPELSKYFIE HOENDER (SIMBA TJIPS)



AARTAPPELSKYFIE HOENDER (SIMBA TJIPS)

1 hoender, in porsies gesny
sout en peper;
45 ml botter, gesmelt...
2 knoffelhuisies, gekneus
1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies

Metode:

Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel. Geur. Voeg die fyn knoffel by die gesmelte botter en bedrup hoender daarmee. Maak die aartappelskyfies fyn en sprinkel oor
die hoender. Bak in voorverhitte oond teen 200° vir ‘n uur.