Tuesday, 24 January 2017

WORS STROGANOFF




WORS STROGANOFF
BESTANDELE:
1 eetl olyfolie
8 varkworsies
4 repe spekvleis, gekap...
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g sampioene, gesny
250 ml beesvleisaftreksel

60 ml tamatiepasta
1 teelepel paprika
60 ml gewone jogurt
METODE:
Braai wors tot gaar en mooi bruin.
Sny elke wors in 3 of 4 stukke en sit eenkant.
Voeg olyfolie 'n pan en braai uie tot sag.
Voeg spek en knoffel by en braai tot spek gaar is.
Voeg sampioene by en braai vir ongeveer 5 minute of totdat sampioene sag is.
Voeg beesvleisaftreksel, tamatiepasta en paprika by en bring tot 'n prut, roer goed.
Voeg gaar wors stukke by en prut vir 'n paar minute.
Roer jogurt by, meng goed en prut tot deurwarm.
Sit voor saam met kapokaartappels of rys.

No comments:

Post a Comment