Tuesday 24 January 2017

KEKER ERTJIE WORS BREDIE




KEKER ERTJIE WORS BREDIE
10 ml (2 t) olyfolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
2 knoffelhuisies, gekap...
225 g chorizo-wors, opgesny
1 blikkie (410 g) gekapte tamaties

5 ml (1 t) gerookte paprika
5 ml (1 t) braaispeserye
15 ml (1 e) suiker
sout en peper na smaak
1 blikkie (410 g) keker-ertjies ("chickpeas")
gekapte koljander
METODE:
Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui, soetrissie en knoffel tot die uie deurskynend is.
Voeg die chorizo-wors by en panbraai sowat vyf minute
Voeg dan die tamaties, speserye, suiker, sout en peper by en laat 5 minute saggies oor lae hitte kook.
Voeg die keker-ertjies by en laat 2-3 minute saggies kook tot dit warm is.
Strooi koljander oor en sit voor saam met rys.