Tuesday 24 January 2017

Geroosterde blomkoolslaai




Delia se Blomkoolparadys (Geroosterde blomkoolslaai)
Bestanddele
1 blomkool, in stukkies gebreek...
1 blik kekerertjies
½ teelepel borrie
½ teelepel garam masasla
1 teelepel kerrie

1 teelepel vinkelsade
80 ml olyfolie
sout en peper
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
handvol pietersielie of koljander
Metode
Plaas die blomkool in 'n oondpan.
Meng al die speserye en knoffel met die olie.
Drup die olie oor die blomkool, en rooster dit vir 10 minute in die oond.
Roer die blomkool, en rooster vir 'n verdere 10 minute.
Voeg die kekerertjies by en rooster vir 5 minute.
Voeg dit in 'n opdienbak en strooi die pietersielie of koljander oor.