Tuesday 31 January 2017

TERIEN



TERIEN
Hierdie maak 'n groot terien! Gebruik jou groot broodpan.

Bestandele
500g streepspek...
500g vark maalvleis
300 g bees maalvleis
250 g gerookte spek met bietjie vleis aan (Nie bacon nie)
2 ontvelde ontbeende hoender borsies in repe
500g hoederlewers (250 g gemaal 250 g heel)
2 snye brood gekrummel
1 groot ui gekap
4 E botter gesmelt
3 huisies knoffel fyn
half t gerasperde neut
half t naeltjies
gekapte vars tiemie
4 groot eiers
sout en peper
Pastasio neute
lourier blaar
3 E brandewyn of 3 E port

METODE:
Voer broodpan uit met streepspek, Meng vark en beesmaal, geur, pak die res in lae,
Geur
Maak toe in foelie en bak een en half uur in waterbad.
Gooi water af, pars en plaas in yskas.
Sny in skywe en bedien met vars brood en heel konfyt.
Meng die maalvleis met die brood, eiers, ui, knoffel, en ander geur middels, geur elke laag, met port of brandewyn, sny die gerookte spek in repe enplaas tussen die lae asook die neute, ek hoop ek het dit duidelik gestel, hierdie is lekker as 'n voorgereg vir 'n groot onthaal.