Tuesday 31 January 2017

SPAGHETTI BOLOGNAISE



SPAGHETTI BOLOGNAISE
8 - 10 Porsies

BESTANDELE:
500g Spaghetti...
Blikkie Chakkalaka
Blikkie Baked beans in tamatiesous
Blikkie room suikermielies
4 Groot uie
Bossie selotte
1kg Maalvleis
500g Ryp Cheddar kaas
Sout en peper na smaak

METODE:
Sit eerste warm kraan water, genoeg vir die pasta op en laat kook - sout na smaak en bietjie olie.
Skil die uie en kap grof - nie te grof
Sny die selotte ook nie te grof
Sit nog n plaat aan vir die Bolognaise en gebruik n groot braaipan
Braai die uie en selotte tot sag
Voeg nou die peper en chakkalaka en roer tot kook
Teen die tyd kook die water en die pasta kan jy nou in sit en roer nou en dan sodat die pasta nie aanmekaar klou nie
Sodra die chakkalaka kook - voeg die res van die bestandele by
Laat kook en dan voeg jy die sout na smaak
Sodra die bolognaise kook behoort die pasta "al dente"(sag maar ferm) te wees - dreineer in vergietes met koue water en gooi n bietjie olyf olie daaroor om dit n lekker smaak te gee en dit los te hou.
Haal die bolognaise af en bedien met lekker ryp cheddar kaas daaroor gestrooi