Wednesday 18 January 2017

Suurlemoen RoomLikeur



Suurlemoen RoomLikeur
Maak: 2 bottels

Bereidingstyd: 30 minute, plus staantyd

• 12 suurlemoene
• 750 ml vodka
• 550 g (650 ml) suiker
• 1 blik kondensmelk

1. Gebruik ’n groenteskiller of skerp messie om die suurlemoene af te skil – probeer om so min as moontlik van die wit af te skil.

2. Sit die dun skille in ’n glasbak en bedek dit met die vodka. Bedek die bak met kleefplastiek en laat dit vir vier dae teen kamertemperatuur staan.

3. Verhit 875 ml water en die suiker in ’n kastrol. Roer dit tot die suiker opgelos het en laat dit dan vir vyf minute prut. Haal dit van die plaat af en laat dit eenkant staan om heeltemal af te koel. Voeg die vodka en suurlemoenskil by en laat dit oornag staan.

4. Gooi die mengsel deur ’n sif en gooi die skil weg. Meng die kondensmelk by en roer dit tot glad. Gooi dit in gesteriliseerde flesse.

**Seël dit en hou dit in die yskas.?