Wednesday 18 January 2017

PekaNeut Tert



PekaNeut Tert

1 ½ k koekmeel
10 ml witsuiker
2 ml sout...
120 ml botter
80 ml melk

VULSEL:
3 groot eiers
1 k suiker
1 k gouestroop
60 ml botter gesmelt en afgekoel
5 ml vanilla
1 k sjokolade “chips”
1 k grof gekapte pekanneute

1. Sif die meel, suiker en sout saam en meng goed.
2. Voeg die botter en die melk by en meng vir 15 – 25 sekondes tot die mengsel vanaf die kante begin wegtrek.
3. Maak die deeg bymekaar in ‘n bal vorm en druk dan liggies plat. Sprinkel liggies met meel en draai in kleefplastiek toe.
4. Sit die deeg in die yskas vir sowat ‘n uur tot ferm genoeg om te rol.
5. Rol nou die deeg dun uit en voer ‘n los-bodem pan daarmee uit.
6. Meng die eiers, suiker, stroop, botter en vanilla saam.
7. Voeg die sjokolade en neute by.

**Giet die vulsel in die tertdop en bak vir 30 minute teen 180⁰C


 - Trouvrou resepte