Wednesday 18 January 2017

Pniel padkos: Deegkarmenaatjies




Pniel padkos: Deegkarmenaatjies
Bestanddele

Frikkadelle:
500g maermaalvleis...
1 ui, gekap
¾ koppie gekapte pietersielie
1 of 2 eiers
2 – 3 snye wit/bruin brood (in bietjie water geweek)
60 ml blatjang
30 ml Worcestersous
10 ml paprika
10 ml braaivleisspeserye
10 ml fynkoljander
2 ml fynneutmuskaat
Masala-speserye
klein bietjie peri-peri/rooipeper
komyn (opsioneel indien jy dit meer geurig verkies)
Growwe peper na smaak. (Onthou dat speserye soms reeds sout bevat, maar klein bietjie sout kan bygevoeg word indien nodig).

Deeg:
1 koppiebruismeel
1 ml sout
125 ml melk
125 ml water
1 eier


Metode

Frikkadelle:
1. Voeggekapteuie en pietersielie by die maalvleis.
2. Voeg dan speserye, blatjang en Worcestersous by en meng deur.
3. Voeg geweekte brood en eier by hierdie mengel en meng deeglik deur.
4. 'n Klein bietjie melk kan by die maalvleismengsel gevoeg word om die tekstuur losser te maak.

Deeg:
1. Klits water, melk en eier tot skuimerig.
2. Meng bruismeel en sout in bak en maak 'n holte daarin.
3. Voeg geklitste melk- en eiermengsel in die holte van die meel en roer vining met draadklitser. ('n Draadklitser verhoed dat klontjies in die meel vorm).

Rol frikkadelle in eweredige groottes – dit hoef nie so groot te wees nie.
Plaas frikkadelle ('n paar op 'n keer) in die deegbeslag en sorg dat dit heeltemal met die deegbeslag bedek is.
Verhit 'n braaipan met genoeg olie tot goed warm. (Dit word nie in diep olie gebraai nie.)
Skep frikkadel versigtig uit die deegbeslag met 'n eetlepel en plaas in die warm olie. Druk dit effens platter.
Braai mooi goudbruin aan albei kante.
Plaas handdoekrol in plat bak en dreineer karmenaatjies daarop totdat dit afgekoel is.