Wednesday 18 January 2017

KERRIE- EN PIESANGFRIKADELLE




KERRIE- EN PIESANGFRIKADELLE
2 dik snye witbrood
125 ml karringmelk of amasi of 125ml melk met so halwe eetl asyn
1 kg maalvleis
1 ui, gerasper...
1 eier
12,5 ml blatjang

2 ml kerriepoeier
2 ml neutmuskaat (opsioneel)
2 ml naeltjies (opsioneel)
Sout en peper
Koekmeelblom
Sous
25 ml margarien
4 groot uie, gekap
25 ml koekmeelblom
125 ml asyn
15 ml suurlemoensap
750 ml water
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
37,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml blatjang
10 ml suiker
6 ryp piesangs
GAARMAAKMETODE: Stoofplaat en oond
Die frikkadelle: Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die
frikkadelbestanddele, behalwe die koekmeelblom. Vorm frikkadelle, rol dit in die
koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Voorverhit die oond tot
190° C
Die sous: Verhit die margarien in ‘n kastrol en die braai die ui daarin tot sag. Meng al ander
bestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uie. Snipper nou twee van die piesangs
en roer dit by die sous. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is. Sny die
ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous
bo-oor, bedek en bak 1,5 – 2 uur tot gaar.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.