Wednesday, 18 January 2017

Melktert En Amarula Skommel



Melktert En Amarula Skommel


 2 koppies melk
¼ koppie suiker...
3 eetlepels meelblom
1 eetlepel mielieblom
¼ teelepel sout
2 eetlepels botter
3 eiers
2 pypkaneel stokkies


METODE:
1. Kook melk en pypkaneel stokkies vir 5 minute.
2. Meng suiker, meelblom, mielieblom en sout saam.
3. Skep van die warm melkmengsel by die meelmengsel en roer goed met ‘n houtlepel.
4. Gooi die meel en melkmengsel terug by die warm melk en klop aanhoudend oor lae hitte tot verdik en gaar.
5. Verwyder van hitte en roer botter by, klop eiers een vir een by en klits aanhoudend tot dik.
6. Laat melktertpap afkoel.
7. Meng twee koppies vanielje roomys, ¼ koppie Amarula en die melktertpap in ‘n voedselverwerker tot goed gemeng.

 Bedien dadelik.

No comments:

Post a Comment