Wednesday 18 January 2017

BosBessie DadelBlokkies




BosBessie DadelBlokkies
Lewer omtrent 24 blokkies

200 g pakkie Marie beskuitjies
125g botter...
125 ml bruin suiker
250 g opgekapte pitlose dadels
10 ml vanieljegeursel
100g bosbessies "cranberries"
100g grof opgekapte geroosterde macadamia neute.
100g grof opgekapte wit sjokolade.
klapper om bo-oor te strooi (opsioneel)

1. Breek die Marie beskuitjies in klein stukkies, plaas in ’n mengbak en sit dit eenkant.
2. Plaas die botter, suiker en dadels saam in ’n kastrol en verhit vir 5 min tot die botter gesmelt is en die suiker en dadels sag is
3. Voeg die vanielje by.
4. Roer die beskuitjiestukkies, dan bosbessies en neute by suiker en dadel mengsel.
5. Laat af koel vir 5 min. en meng dan die wit sjokolade stukkies by.
6. Meng goed en skep in ’n vierkantige 20-cm bak. Druk die mengsel stewig vas in die bak. Strooi die klapper oor.
7. Sny in blokkies en dien op.

 Bêre in lugdigte houer.

Trouvrou resepte