Wednesday 18 January 2017

KOOL FRIKKADELLE




KOOL FRIKKADELLE
1 koolkop, stronk uitgesny
5m sout
FRIKKADELLE
125g rou rys...
325 ml koue water
5 ml sout
125 ml vars witbroodkrummels
500 g gemaalde beesvleis
1 250 ml-houer suurroom
5 ml gedroogte salie
sout, varsgemaalde swartpeper en gerasperde neutmuskaat na smaak
15 ml botter
15 ml gouestroop
2 koppies warm vleisaftreksel
15 ml mielieblom
METODE:
Voorverhit die oond op 180°C
Maak n kastrol halfvol water en voeg die sout by. Plaas die koolkop daarin en verhit dit tot kookpunt.
Plaas die deksel op en kook dit vir 8 minute.
Dreineer dit, trek die buitenste blare af en hou dit een kant. Kap die binneste deel fyn.
FRIKKADELLE:
Kook die rys in die 325 ml water waarby die 5 ml sout gevoeg is, tot gaar.
Meng die rys, broodkrummels, maalvleis, suurroom, salie en geurmiddels. Voeg die fyngekapte kool by en meng goed.
Verdeel die mengsel tussen die koolblare en vou dit toe. Steek die pakkies met peuselstokkies vas.
Smeer n oondbak met botter en rangskik die koolfrikkadelle daarin. Geur dit met nog sout, peper en neutmuskaat.
Giet die gouestroop oor, bedek en bak dit vir 15 minute.
Gooi die vleisaftreksel oor, bedek en stowe dit vir 1uur.
Skep die frikkadelle met n gaatjieslepel uit en hou dit warm.
Meng die mielieblom met n bietjie water tot pasta, roer dit by die aftreksel en laat dit prut totdat die sous verdik.
Gooi die sous oor die frikkadelle.