Wednesday 18 January 2017

SOET SUUR FRIKKADELLE IN DIE PRUTPOT




SOET SUUR FRIKKADELLE IN DIE PRUTPOT
500g gemaalde beesvleis
250ml vars witbroodkrummels
1 eier
Sout en peper...
2 eetl kookolie
1 klein ui gekap
2 wortels geskil en in repe gesny
1 prei gewas en in fyn skywe gesny
100g sampioene gesnipper
SOET-SUUR SOUS
1 ½ teel mielieblom
2 tel bruinsuiker
150ml water
2 eetl tamatiesous
2 eetl asyn
2 teel sojasous
Sout en peper
METODE:
Plaas die vleis, broodkrummels, eier en smaakmiddels in ‘n bak en meng goed.
Plaas op ‘n meelbestrooide oppervlakte en maak twintig frikkadelle. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die frikkadelle aan albei kante bruin.
Lig met ‘n gleuflepel uit en plaas in die prutpot.
Plaas die groente in die pan en laat vir 5min prut en plaas dit ook in die prutpot.
Plaas die mielieblom, suiker en water in ‘n bak en meng totdat dit ‘n gladde pasta vorm.
Voeg die oorblywende sousbestandele in die bak en giet dit in die pan. Bring tot kookpunt. Roer totdat dit dik word.
Giet dit in die prutpot, sit die deksel op en kook vir 30min op HOOG, en dan vir 4 ure op LAAG