Tuesday 24 January 2017

KerrieMaalVleis Met Cheddar & Paprika Jaffel





KerrieMaalVleis Met Cheddar & Paprika Jaffel

Jy benodig:
sonneblomolie vir panbraai
1 middelslag-ui, fyngekap...
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel masala
1 eetlepel paprika


sout en peper na smaak
1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta
2 wortels, gerasper
500 g maalvleis
1 blikkie (425 g) gemengde groente
1 koppie gerasperde cheddarkaas
botter vir smeer
2 dik snye brood per persoon

So Maak Jy:
1. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot glansend.
2. Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
3. Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin.
4. Braai dit vir so 15 minute.
5. Roer die groente by en verhit dit tot deurwarm.
6. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel.
7. Roer die kaas deur.
8. Smeer die snye aan een kant met botter.
9. Sit een van die snye brood met die margarien kant na onder in die jaffelpan.
10. Skep nou 3 eetlepels van die vleisvulsel op die brood. Sit ’n tweede sny brood bo-op met die botterkant boontoe, en knyp dit in die jaffelpan vas.

 Rooster dit vir sowat 5 minute direk op matige kole of tot die broodjie bruin en die kaas gesmelt is. Draai dit baie gereeld om

WegSleep sê:
Hierdie is ’n matige kerrie. Vir ’n bietjie skop kan jy gekapte rissies byvoeg.