Tuesday 24 January 2017

Hamburger Jaffels




Hamburger Jaffels
Die beste van hierdie resep is dat ’n groot hamburger-rolletjie netjies in die jaffelpan pas.
(Genoeg vir 8)

Burger Patties:...
500 g beesmaalvleis
½ ui, fyngekap
1 eier
hand vol pietersielie, fyngekap
100 g pecorino-kaas, fyngerasper
100 g strepiespek (streaky), in klein blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml olyfolie

1. Plaas maalvleis in mengbak.
2. Voeg ui, eier, pietersielie, kaas en spekblokkies by.
3. Meng goed en geur met sout en peper.
4. Vorm agt patties en plaas op bord.
5. Sit patties vir minstens 30 minute in die yskas voor jy dit braai. 6. Verhit olie in pan.
7. Braai patties tot bruin en gaar.

Gebraaide Uie:
45 ml olyfolie
4 uie, gehalveer en in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

1. Verhit olie in ’n diep pan.
2. Braai uie sowat 3 minute tot die halwe ringe loskom van mekaar.
3. Verlaag hitte en voeg knoffel by.
4. Geur met sout en peper.
5. Maak pan toe met deksel en braai uie tot sag.
6. Haal deksel af en braai tot bruin.

Maak Burgers Jaffels So:
8 sesamsaad-hamburger-rolletjies
50 ml sagte botter
8 snye cheddarkaas
8 skywe tamatie

1. Halveer rolletjies.
2. Smeer die buitekante met sagte botter.
3. Sit onderste rolletjiehelftes op bord, gesmeerde kant na onder.
4. Plaas ’n patty bo-op elk, gevolg deur ’n stuk kaas en ’n skyfie tamatie.
6. Skep gebraaide uie bo-op.
7. Maak toe met boonste helfte van rolletjies.
8. Plaas ’n gevulde rolletjie in ’n jaffelpan en sit op ’n warm oondplaat.
9. Braai sowat 5 minute en draai om.
10. Braai verder tot brood bros en goudbruin is.

 Hou warm eenkant en herhaal met die res.