Tuesday 24 January 2017

Jaffels Met Spek En SoetRissie




Jaffels Met Spek En SoetRissie
Genoeg vir: 4

botter
1 pak spekstukkies...
1 klein ui, fyngekap
1 groen en 1 rooi soet-rissie, pitte verwyder en in blokkies gesny
5 ml droë Italiaanse kruie
8-12 snye wit- of bruinbrood
500 ml gerasperde cheddar
slaai, om voor te sit

METODE:
1. Verhit ’n bietjie botter in ’n pan en braai die spek tot gaar.
2. Voeg die ui, soetrissie en kruie by en roerbraai verder tot die soetrissie net-net sag is.
3. Geur en haal van die plaat af.
4. Smeer die snye brood aan die een kant.
5. Verdeel die vulsel tussen die helfte van die snye brood en smeer dit op die kant wat nie gebotter is nie.
6. Bedek die vulsel met gerasperde kaas en pak dan die orige snye brood bo-op.
7. Maak die toebroodjies in ’n jaffelmaker gaar, of braai dit in ’n pan tot albei kante bros en goudbruin is.

Sit dadelik voor met ’n slaai