Tuesday, 24 January 2017

Grenadella-meringuetert




Grenadella-meringuetert

Bestanddele

1 soet brosbeskuit-tertkors...
3 x 385 g blikkies kondensmelk
sap van 3 suurlemoene
skil van 1 suurlemoen
2 x 110 g blikkies grenadellapulp (of die pulp van ongeveer 6 vars grenadellas)
6 eiergele
1 mengsel Franse meringuemengsel

Metode

Verhit oond tot tot 180 C.
Meng kondensmelk, grenadellamoes, suurlemoensap, skil en eiergele tot gekombineer.
Skep dit in die gebakte tertkors en bak vir 30 - 35 minute.
Laat afkoel.
Sodra dit heeltemal afgekoel het, maak die meringuemengsel en skep dit op die tert.
Verbruin dit met 'n blaasvlam, of sit dit onder die oondrooster vir 'n paar minute.

No comments:

Post a Comment