Tuesday 24 January 2017

Magdalene se rielhoendertjie




Magdalene se rielhoendertjie

Bestanddele

8 hoenderstukke, oortollige vet afgesny...
1 ui, baie fyn gekap
3 knoffeltoontjies, baie fyn gekap
½ groen soetrissie, baie fyn gekap
½ koppie tamatiesous
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise
2 eetlepels heuning

Metode

Plaas die ui, knoffel en soetrissie onder die vel van die hoender.
Meng die res van die bestanddele en smeer dit in die hoender in.
Bedek met foelie.
Bak teen 180 grade vir 1 uur.