Tuesday 8 November 2016

Worsrolletjies met ’n kinkel




Worsrolletjies met ’n kinkel
5 ml (1 t) olie
100 g spekvleis, in blokkies gesny
6 voet lange (30 cm) frankfurters
15 ml (1 e) olyfolie...
½ ui, gekap

3 groen brandrissies, in skywe gesny
’n hand vol kersietamaties, gewas
15 g botter
125 ml (½ k) soetbrandrissiesous
6 voet lank (30 cm) worsbroodjies
Uieringe
olie vir braai
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
20 ml (4 t) bruinsuiker
’n knippie sout
1 eier
250 ml (1 k) melk
3 uie, in skywe gesny
1.Braai die spekvleis in die verhitte olie in ’n groot pan tot effens bros. Haal uit die pan en dreineer op ’n papierhanddoek. Sit eenkant. Hou sowat 15 ml (1 e) van die vet in die pan en braai die frankfurters tot gaar.
2.Uieringe: Verhit die olie in ’n diep pot en plaas oor matige hitte. Roer die meel, bakpoeier, suiker en sout in. Meng die eier en melk in ’n mengbak en giet dit dan by die meelmengsel in terwyl jy met ’n vurk klits.
3.Doop die skywe uie een-een in die beslag tot heeltemal bedek. Diepbraai die ringe in sarsies tot goudbruin. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op ’n papierhanddoek.
4.Braai die gekapte uie en brandrissies in ’n pot met olie oor matige hitte tot sag. Roer die tamaties in en braai tot hulle bars. Roer die botter en brandrissiesous in. Laat prut 3 min.
5.Sny die worsbroodjies in die helfte, skep die sous in die broodjie en bedek met ’n frankfurter en uieringe. Strooi die spekvleisstukkies oor die frankfurters.