Tuesday 8 November 2016

Grenadellatert met vyf bestanddele




Grenadellatert met vyf bestanddele
2 x 48 g pakkies grenadellajellie (kan vervang word met suurlemoenjellie)
250 ml kookwater
1 x 410 g blik yskoue, ingedampte melk
1 x 115 g blikkie grenadellapulp of pulp van vier vars grenadellas...
1 x 200 g pakkie Tennisbeskuitjies

Maak die jellie met die kookwater aan en laat staan eenkant om tot kamertemperatuur af te koel. Die jellie moet net begin dik word, maar nog nie stol nie. Klits die ingedampte melk tot styf. Voeg die jellie by en klits goed saam. Voeg die pulp by en klits weer deur. Pak die Tennisbeskuitjies onder-in ’n groot tertbord. Krummel die orige koekies fyn en hou eenkant (opsioneel). Skep die tertvulsel versigtig op die beskuitjies en smeer gelyk. Verkoel tot gestol. Rond af met grenadellasmeer of sprinkel die gekrummelde beskuitjies oor. Bedek en verkoel. Lewer 16 porsies.