Tuesday 8 November 2016

Vrugte smoothie vir ontbyt




Vrugte smoothie vir ontbyt

Bestanddele

½ middelslag papaja of 1 groot mango, geskil en in blokkies gesny....
1 klein piesang, in skyfies gesny.
2 pere, pruime, perskes of nektaries, met die skil in blokkies gesny.
½ klein pynappel, geskil en in blokkies gesny.
¼ k (60 ml) hawermout of gemaalde amandels (opsioneel).
ysblokkies om mee voor te sit.

Metode

Plaas vrugte in ‘n voedselverwerker en meng tot ‘n gladde mengsel. Of gebruik ‘n stokmenger.
Voeg hawermout of amandels by, indien gebruik en meng vir ‘n paar minute.

Plaas ys in ‘n lang glas en giet die smoothie bo-oor die ys in elke glas.
Dit kan ook verdun met ‘n bietjie water, jogurt, rooibostee of melk word.