Tuesday 8 November 2016

MEXSIKAANSE EENSKOTTEL-ONTBYT




MEXSIKAANSE EENSKOTTEL-ONTBYT:
Die eiers word sommer bo-op dié geurige maalvleismengsel gaargemaak. Sit dit voor vir ’n laatontbyt.
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap...
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 rooi brandrissie, fyn gekap
(opsioneel)
500 g maalvleis
sout en vars gemaalde swartpeper

1 wortel, fyn gerasper
1 blik (400 g) gekapte tamaties
1 blik (400 g) gebakte boontjies
30 ml (2 e) blatjang
4-6 eiers
125 ml cheddarkaas, gerasper
brandrissie, fyn gekap, vir garnering
koljanderblare, fyn gekap, vir garnering
Verhit die olie in ’n vlak pan en braai die ui, knoffel en brandrissie tot sag. Voeg die vleis by en braai tot gaar.
Geur met sout en peper.
Voeg die wortel, tamaties, gebakte boontjies en blatjang by en laat prut sowat 30 minute.
Geur indien nodig.
Maak holtes in die vleis en breek ’n eier in elk.
Bedek die pan en laat prut oor ’n lae hitte tot die eiers gaar is.
Sprinkel kaas oor en garneer met brandrissie en koljanderblare.