Tuesday 29 November 2016

Vrugte Ontbyt





Vrugte Ontbyt
Genoeg vir 6

BESTANDDELE
80 ml suiker...
80 ml water
skil en sap van 2 lemmetjies of 1 suurlemoen
3 cm-stuk vars gemmer, in skyfies gesny
1-2 wiggies waatlemoen, geskil en in driehoekies gesny
3 kiwivrugte, geskil en in dun skyfies gesny
3 kaalperskes, in dun skyfies gesny
groot hand vol kruisementblare

METODE
1. Plaas die suiker en water in ’n klein kastrolletjie oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos het. Voeg die lemmetjie- of suurlemoenskil en -sap asook die gemmer by en bring tot kookpunt. Laat 2-3 minute prut. Haal van die plaat af en hou eenkant om af te koel.
2. Rangskik die vrugte in lae in ’n opdienbak en strooi die kruisementblare bo-oor. Bedruip met die gemmerstroop.