Thursday, 24 November 2016

Sout Doppies en Vulsels




DOPPIE RESEP
(Vir alle vinger-etes, soet en sout)

750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter

2 eiers
15ml suiker

Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit – nie te dun –
Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.

SOUT VULSELS VIR DOPPIES

•Salm/tuna vulsel:
1 blikkie pienk salm of tuna (dreineer water/olie af)
2 eetl sandwichspread...
2 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles en skep in doppies

•Komkommer vulsel:
1 gerasperde komkommer (gedreineer)
1 fyn gedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles goed en skep in doppies

•Polonie vulsel:
1 kop fyn gerasperde polonie
1 fyngedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper

•Maasksaas/ham vulsel:
125gr ham (fyn gerasper)
100ml mayonaise
1 houertjie maaskaas
30ml pietersielie gekap
30ml agurkies gekap
30ml ui gekap
sout en rooipeper
Meng alles goed skep in doppies en gooi paprika bo-oor

•Hoender/ham vulsel:
1 pakkie room sampioensop
50ml meel
50ml melkpoeier
750ml water
100gr ham gekap
30 ml agurkies gekap
sout en rooipeper
Meng droe bestandele in 'n pot voeg water by en kook tot dik en gladde mengsel
Laat prut vir so 5 minute - Voeg ham en agurkies by meng en laat afkoel.
Gooi sout en peper by en skep in doppies

••NOG 'N PAAR VULSELS:
Gegeurde maalvleis,
hoender mayo,
Tuna mayo,
gerasperde ham gemeng met bietjie mayo of maas/roomkaas,
Koue geroomde spinasie met feta, Roereier met gekapte spek, kaas en bietjie mayo,
Roomkaas met fyngekapte biltong stukkies,
Maak lekker dik kaassous en meng stukkies ham of spek in

No comments:

Post a Comment