Thursday 17 November 2016

VINNIGE MELKTERT




Petro van Genderen se VINNIGE MELKTERT
Kors :
250 ml , koekmeel...
30 ml mielieblom
30 ml versiersuiker
knypie sout
125 g botter of margarien

Vulsel :
800 ml melk
2 eiers
125 ml suiker
50 ml koekmeel
50 ml mielieblom
knypie sout
15 ml botter of margarien
2 ml vanieljegeursel
gemaalde kaneel
Stel oond op 180 C .Maak kors : Sif meel , mielieblom ,versiersuiker en sout saam en vryf botter daarin om n deeg te vorm .Druk deeg op die boom en teen die wande van n tertbord met n volume van 1,5 l .Prik goed en bak 7-8 minute in die middel van die oond totdat dit begin verbruin .
Maak vulsel : Verhit melk tot kookpunt .Klits eiers goed , voeg suiker by meng .Voeg meel , mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed . Klits helfte van die kookmelk in n straaltjie by eiersmngsel .Gooi mengsel terug in kastrol , verhit oor matige hitte en roer aanhoudend totdat vulsel dik is .Haal van stoof af , voeg botter en vanieljegeursel by meng goed .Gooi vulsel in kors en strooi kaneel bo-oor . Sit warm of koud voor .Lewer 1 groterige melktert .