Thursday, 17 November 2016

Spagetti Bolognaise




Petro van Genderen se Spagetti Bolognaise
Bolognaise - vleissous
45 ml olyfolie
45 ml botter...
1 wortel , in klein blokkies gesny
1 selderystingel , in blikkies gesny

1 knoffelhuisie , gekneus
1 ui , fyn gekap
400 g gemaalde maer beesvleis
sout en peper|
250 ml droe witwyn
125 ml melk ( el gebruik bietjie meer )
knippie pas gerasperde neutmuskaat ( nutmeg )
1 blik tamaties , met sap gekap
pas gerasperde parmesaankaas
Verhit olie en botter in n diep swaarboomkastrol . Soteer ui oor matige hitte tot n ligte goudgeel kleur .
Voeg wortels en seldery by en soteer verder tot dit begin verkleur . Voeg knoffelhuisie by en soteer vir n minute .
Voeg maalvleis by en maak los met n vurk . Sprinkel bietjie sout oor en soteer tot vleis nie meer pienk is nie . Roer af en toe .
Voeg wyn by en roer af en toe tot dit heeltemaal verdamp het .
Voeg melk by en sprinkel neutmuskaat oor . Kook verder . Roer gedurig tot meeste melk verdamp het .
Roer tamaties en hulle vloeistof by en laat prut , oor lae hitte en sonder n deksel , vir sowat 3 uur . roer af en toe en geur met swartpeper . Meng bolognaise - vleissous liggies met n lepel en vurk deur pasta en sit onmiddelik voor . Dien gerasperde parmesaankaas in n aparte bakkie op sodat elkeen vir hom kan oorsprinkel .