Thursday 17 November 2016

CHOUX- POFFERTJIES MET ROOM EN SJOKOLADE SOUS




Petro van Genderen se CHOUX- POFFERTJIES MET ROOM EN SJOKOLADE SOUS
150 ml koekmeel
50 g botter of margarien
125 ml water...
Knippie sout
1 ekstra groot eier of 2 middelslag eiers

Vulsel
250 ml room
60 ml strooisuiker
2 ml vanieljegeursel
Afronding
Gesmelte donker sjokolade
Voorverhit oond tot 200 C . Sif die meel en laat eenkant .
Verhit botter , water en sout tot botter gesmelt is . Moenie laat kook nie . Verwyder van hitte en voeg al die meel by . Roer goed met n houtlepel tot n sagte deegbal vorm wat wegkom van die kante
Die deeg moet dus in die middel van die kastrol in n bolletjie vorm en die rante van die kastrol moet skoon wees . Laat koud word .
Plaas deeg in n voedselverwerker . Klop eiers . Skakel die voedselverwerker aan en voeg die eier in n dun straaltjie by die deeg . ( ek het nie voedselverwerker gebruik nie ... het met die hand ... harde werk haahaa ) die eier moet baie stadig by gevoeg word en die masjien moet deurentyd loop . Voeg eier by en meng tot eier goed bygewerk is . Die deeg moenie pap wees nie , maar vorm kan behou .
Voer n bakplaat met waspapier uit . Plaas deeg in n spuitsak met n sterbuis en spuit klein hopies op die papier . Plaas in oond en bak sowat 5 - 10 minute .
Maak oond versigtig oop en druk n gaatjies in elke poffertjie . Vermidder hitte na 180 C en laat dit nog sowat 5 - 10 minute bak tot goudbruin en uitgedroog .
Laat koud word .
Klop room en suiker tot styf . Voeg geursel by . Vul poffertjies met room , stapel opmekaar . Skep Gesmelte sjokolade oor . ( ek het éclairs gemaak in plaas van poffertjies )