Thursday, 17 November 2016

Tamatietert vir die somer



Tamatietert vir die somer
Bestanddele
  • 1 vel gevriesde skilferkorsdeeg ontdooi
  • 2 e druiwepitolie of avokado-olie
  • 125 g ricotta
  • 125 g sagte bokmelkkaas
  • 2 groot eiers geklits
  • k vars basiliekruid fyngekap
  • ½ t sout
  • 350 g gemengde jong tamaties
  • grofgemaalde swartpeper
    
Instruksies
  1. Plaas skilferkorsdeeg op vlak bakplaat (24 cm x 35 cm).
  2. Druk met vingerpunte tot teen die kante, prik bodem met vurk.
  3. Verf met 1 eetlpl olie.
  4. Meng ricotta, bokmelkkaas, eiers, basiliekruid en sout saam.
  5. Smeer oor skilferkorsdeeg.
  6. Sny tamaties in ronde skyfies en rankskik bo-op.
  7. Sprinkel met res van olie.
  8. Bak in oond teen 180 ˚C vir 30 minute of tot goudbruin.
  9. Verwyder uit oond en geur met swartpeper.
  10. Gebruik pizzawiel en sny in repe.
  11. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.

No comments:

Post a Comment