Thursday 17 November 2016

Piekniekbroodjie



Piekniekbroodjie
Bestanddele
  • 50 g sultanas
  • 50 g gedroogde bosbessies
  • 50 g rosyne
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • ¾ k sterk en warm tee
  • 50 g sagte botter
  • ¼ k ligte bruinsuiker
  • ¼ k donker bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 1 ½ k bruismeel
  • 1 t bakpoeier
  • k amandelmeel
  • 25 g donkersjokolade
    
Instruksies
  1. Week sultanas, bosbessies, rosyne en skil in tee vir 2 ure.
  2. Verroom botter en suiker.
  3. Klits eiers en vanielje by.
  4. Voeg vrugte en tee by en meng.
  5. Meng bruismeel, bakpoeier en amandelmeel saam.
  6. Meng by eiermengsel.
  7. Rasper sjokolade by en meng.
  8. Skep beslag dadelik in medium-broodpannetjie. (Bodem van pannetjie is gevoer met bakpapier).
  9. Bak in oond teen 170 ˚C (waaier) vir 50 minute.
  10. Laat afkoel in pannetjie.