Tuesday, 8 November 2016

Tamatie en uie smoor




Tamatie en uie smoor
(Dit is 'n groot maat resep, so julle kan dit in gesteriliseerde flesse sit en in die yskas hou of in vriesbare houers vries.)
2.5kg tamaties
1kg uie...
1 koppie suiker
1tl peper
1tl neutmeskaat

½tl naeltjie
Sout na smaak
Kook gekerfde uie sag en braai effens. Gooi kookwater oor tamaties en laat staan vir so ± 2 minute. Dompel dan die tamaties in yskas water om die velle makliker te kan aftrek. (as jy nie lus is vir die proses nie, kan jy sommer dieselfde hoeveelheid klaar gesnyde blikkies tamatie vat – Kan die Farmgirl aanbeveel) Sny die tamaties in klein stukkies en voeg by uie en kruie. Kook goed en skep in flesse of bakies.

No comments:

Post a Comment