Tuesday 8 November 2016

Pruimtertjies




Pruimtertjies
Jy kan hierdie versnapering in ’n volledige nagereg verander deur ’n skeppie geklopte room (in plaas van die mascarpone) en ’n porsie vanieljevla by te voeg. Eksperimenteer gerus met die verskillende vrugte wat jy in die tertjies kan gebruik.
BESTANDDELE:
...
Genoeg vir 8 tertjies
400 g gekoopte blaardeeg
100 g botter, gesmelt
100 g versiersuiker
4 vars pruime
15 ml papawersaadjies
1 vanieljepeul
1 bak mascarpone
METODE:
1. Stel die oond op 200 °C. Haal die blaardeeg uit die vrieskas en laat ontdooi. Sny in reghoeke (of enige ander vorm), plaas op ’n gesmeerde bakplaat en prik oraloor met ’n vurk.
2. Bestryk die deeg met die gesmelte botter en sprinkel ’n bietjie versiersuiker oor die hele oppervlak.
3. Sny die pruime in skyfies en rangskik op die deeg.
4. Bak vir 20 minute (of tot die deeg gaar en goudbruin is).
5. Sprinkel die papawersaad oor die gaar tertjies.
6. Skraap die pitjies uit die vanieljepeul. Meng dit met die mascarpone en skep op die warm tertjies. Sprinkel ekstra versiersuiker oor indien verkies.