Tuesday 29 November 2016

ROOMHOENDER EN MOSTERD DUIKBOOT




ROOMHOENDER EN MOSTERD DUIKBOOT
Vervang die mayonnaise met suurroom dit is ook heerlik
WAT JY NODIG HET (vir een voetlange duikbootbroodjie)
Twee hoenderdye - ontbeen. ...
(Jy kan bors vleis probeer, maar ek vind dit droog en oninteressant)
'n Voetlange broodrolletjie
Suurroom
Dijon mosterd

'n Klompie vars, groen, eetbare blare soos spinasie, slaai of wat beskikbaar is.
Sout, peper, botter of margarien
WAT JY MOET DOEN
Sny die hoendervleis in klein blokkies.
Braai met 'n bietjie olie in 'n baie warm pan tot die stukkies nie
meer pienk binne is nie en sprinkel sout en peper oor na smaak.
Draai die hitte laag af. Voeg twee eetlepels suurroom en een eetlepel mosterd by die inhoud van die pan en roer deeglik.
Slag die broodrolletjie van kop tot toon sodat dit oopvou.
Smeer botter of margarien liggies aan albei die binnekante.
Maak 'n bed van groen blare in die broodrolletjie.
Krap die inhoud van die pan op die bed van blare.
Druk die twee helftes van die broodrolletjie teenmekaar, maak seker dat jy servette byderhand het en lê weg.