Tuesday 29 November 2016

OOP HOENDER EN MAYONNAISE BROODJIES




OOP HOENDER EN MAYONNAISE BROODJIES
4 beenlose hoenderborsies
5 ml (1 t) hoenderspesery
blaarslaai,
tamatie, soetrissies en dik snye bruinbrood...
MAYONNAISE:
1 eiergeel
10 ml (2 t) Dijon-mosterd
2 knoffelhuisies, fyngedruk

sout en peper na smaak
250 ml (1 k)
kanola-olie
10 ml (2 t) asyn
10 ml (2 t) melk
HOENDER:
Bak die hoender 20 minute oor medium hitte of tot gaar.
Dreineer en versnipper met twee vurke. Geur met hoenderspesery.
MAYONNAISE
Meng die eiergeel, mosterd en knoffel in ’n bak en geur met sout en peper.
Sit ’n klam lap onder die bak om te keer dat dit rondskuif terwyl jy klits.
Gooi die olie in ’n beker.
Gebruik ’n klitser en gooi ’n paar druppels olie in die eiergeelmengsel.
Klits tot goed gemeng.
Gaan voort om ’n egalige stroom olie langs die kant van die bak af te gooi en klits aanhoudend (dit is maklik as iemand jou help).
Wanneer die olie ingemeng is, voeg die asyn en melk by tot goed gemeng.
Meng die versnipperde hoender met die tuisgemaakte mayonnaise en skep dit op die bereide broodjie.