Wednesday 23 November 2016

Romerige salmterrien



Romerige salmterrien
Genoeg vir 6 klein of 1 middelslag- terrien
15 ml (1 e) water
5 ml (1 t) gelatienpoeier...
310 ml (1¼ k) suurroom
5-10 ml (1-2 t) suurlemoensap hand vol dille
150 g gerookte salm, in dun repies gesny
sout en gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Gooi die water oor die gelatien en laat staan vir 5 min.
Smelt vir ’n paar sekondes in die mikrogolf op die ontvriesstelling (wees versigtig – dit mag nie kook nie).
2 Meng die suurroom, suurlemoensap en dille in ’n mengbak. Gooi die gelatien in ’n dun stroompie by en meng deeglik. Meng die salm deur en geur na smaak.
3 Spuit 5 ml x 90 ml-houers met kleefwerende kossproei. Gooi die mengsel in die houers en bedek met kleefplastiek sonder dat dit aan die oppervlak raak. Verkoel vir minstens 2 uur of tot geset.