Wednesday 23 November 2016

Outydse skuimpoedings




Outydse skuimpoedings
Genoeg vir 12
Ons wou ’n ligpienk skuimpoeding hê, maar die gekoopte jellie maak dit te donker en ons het toe die helfte van die gekoopte jellie deur gewone gelatien vervang.
...
ONTHOU: Ingedampte melk moet oornag in die yskas gehou word as jy dit wil styfklop.
Aarbei
• 1 x 40 g (½ pakkie) aarbei-gegeurde jellie
• 1 x 10 g (15 ml) sakkie gelatien
• 125 ml (½ k) kookwater • 190 g-blikkie ingedampte melk (uit die yskas)
Suurlemoen
• 1 pakkie (80 g) suurlemoengegeurde jellie
• 125 ml (½ k) kookwater
• 190 g-blikkie ingedampte melk (uit die yskas)
Green gage
• 1 x 80 g Green Gage-jellie
• 125 ml ( ½ k) kookwater
• 190 g-blikkie ingedampte melk (uit die yskas)
Spuit 8 poedingvorms met ’n inhoudsmaat van 125 ml met kleefwerende kossproei.
Aarbeijellie
1 Maak die aarbeijellie volgens die aanwysings op die pakkie en voeg die 10 g gewone gelatien ook by die kookwater. Roer tot opgelos. Laat heeltemal afkoel.
2 Klop die ingedampte melk met ’n elektriese menger tot stywe punte vorm.
3 Vou in die jelliemengsel in. Gooi in die voorbereide vorms. 4 Sit vir 4-6 uur of oornag in die yskas totdat die mengsel gestol is.
Suurlemoen en Green gage-jellie
1 Maak die jellie met kookwater aan. Laat heeltemal afkoel.
2 Klop die ingedampte melk met ’n elektriese menger tot stywe punte vorm. Vou in die jelliemengsel in.
3 Gooi in die voorbereide vorms.
4 Sit vir 4-6 uur of oornag in die yskas totdat die mengsel gestol is.
5 Doop die poedings vir 5-10 sekondes in kookwater voor jy dit versigtig uitkeer en voorsit.