Wednesday 23 November 2016

Hoenderlewertjie-terrien



Hoenderlewertjie-terrien
Ggenoeg vir 8
• 500 g repiesspek
• 2 savoje-kooltjies...
• 150 g hoenderlewertjies, skoongemaak en in blokkies gesny
• 150 g hoenderhartjies, skoongemaak en in blokkies gesny
• 150 g hoendermagies (gizzards), skoongemaak en in blokkies gesny
• 200 g varkmaalvleis

• 200 g varkboudtjop, in blokkies gesny
• 2 eiers
• 4 takkies tiemie, gekap
• hand vol pietersielie, gekap
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 2,5 ml (½ t) sout en gemaalde swartpeper
1 Verhit die oond tot 160 °C.
2 Voer ’n 22 cm x 11 cm-broodpannetjie met 250 g spekrepies uit (hou ’n paar repies eenkant vir opdiening).
3 Sny die blare los van die kooltjies en kook vir 2 min. of tot sag in kookwater. Haal uit die water en dompel in yswater.
4 Pak ’n lagie koolblare (net die helfte) op die spekrepies in die broodpan. 5 Meng die hoenderlewertjies, -niertjies en -magies, varkmaalvleis, varktjops, eiers, tiemie, pietersielie, lemoenskil, sout en swartpeper in ’n groot mengbak.
6 Kap die oorblywende spek fyn en voeg by die hoendermengsel.
7 Maak die broodpan halfvol met die hoendermengsel. Pak ’n lagie koolblare bo-op en vul met die oorblywende hoendermengsel. Sit die laaste spek bo-op.
8 Bak vir 1 uur en 30 min. of totdat ’n toetspen skoon uitkom.
9 Keer die terrien uit en sit skywe daarvan met slaaiblare, mosterd en piekels voor.