Tuesday 8 November 2016

Franse brood met spek en kaas




Franse brood met spek en kaas
Genoeg vir 2-4 mense
250 g spek
6 eiers, geklits
Sout en varsgemaalde swartpeper
Olie vir braai
6 dik snye witbrood of 1 klein fransebrood, in skywe gesny
150 g cheddarkaas, gerasper
60 ml pesto
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Verhit ‘n pan en braai die spek tot gaar en bros, skep dit uit en hou eenkant, gebruik dieselfde pan vir die eiers.
Klits die eiers in ‘n groot mengbak en roer ‘n bietjie sout en varsgemaalde swartpeper by.
Verhit van die olie in ‘n pan en doop ‘n sny brood in die geklitste eiers.
Braai die brood aan beide kante tot gaar en goudbruin.
Sodra al die brood gebraai is pak dit op ‘n gesmeerde bakplaat deel die spek tussen die brood.
Skep ‘n lepelvol van die pesto bo-op die spek en sprinkel die kaas bo-oor.
Bak vir sowat 5 minute of totdat die kaas gesmelt is.
Sit voor saam met slaai.
Wenk: Indien jy hou van iets soets saam met jou kos, probeer ‘n bietjie gouestroop saam met die gereg.