Thursday 17 November 2016

Kaaskoek




Kaaskoek

1 pakkie tennisbeskuitjies
100g botter gesmelt
1 blikkie volroom kondensmelk
1 houer gewone roomkaas
1 suurlemoen se skil
125ml suurlemoensap - of meer na smaak
250ml room

Maak koekies fyn en meng met gesmelte botter
Druk vas in pan of tert bak
Sit in yskas

Klits roomkaas en kondensmelk goed saam
Klits die suurlemoensap en skil by.
Klits room styf en vou by mengsel in
Skep die mengsel in die kors
Bak in voorverhitte oond van 160 grade celcius vir 15min. Sit stoof af maar los die koek in die oond vir nog 10min
 Terwyl die koek in die oond is maak solank die grinadella om bo-oor te sit ( kan enige ander vrugte gebruik )

1 blikkie grinadella pulp
20ml suiker
Doppie brandewyn of whiskey - opsioneel
10ml vlapoeier aangemaak met bietjie water

Kook alles saam en laat afkoel
Sodra die koek uit die oond kom sit die grinadella bo-oor
Sit in yskas om goed af te koel